
Welkom aan al die tuisskolers!
Wil julle graag jul kinders se algemene kennis en nuusneuse (en jul eie!) deur die loop van die jaar op ’n gestruktureerde manier verbeter?
.png)
Sluit dan aan by die EK WEET! e-vasvraklub en ontvang die algemene kennis- en nuusvasvraprogram wat deur Dawid van Lill saamgestel word.
.jpg)
Dawid van Lill is die skrywer van verskeie vasvraboeke en boeke oor Afrika en was die redakteur van die Britannica Junior Ensiklopedie vir Suidelike Afrika. Hy was in 1986 die algehele wenner van die televisie-vasvrareeks Flinkdink.

Hoe werk 'n inskrywing op EK WEET!
Jy skryf in as lid van die EK WEET! e-vasvraklub teen R360 per jaar. Dan ontvang jy altesaam 62 vasvrae per jaar in twee programme met verskillende moeilikheidsgrade. Die programme word volgens ’n skedule uitgestuur. Lees onder meer oor Wat is EK WEET!
Daarmee saam kry jy 'n GRATIS eksemplaar van EK WEET! Vasvrablokraaie 1, wat uit 65 vasvrablokraaie bestaan. Dit bevat altesaam 1 200 vrae, en word per e-pos gestuur as ’n PDF-dokument. Jy kan die blokraaie druk en invul en/of op die rekenaar doen met behulp van sagteware wat jy aflaai. Kliek onder op voorbeelde van die blokraaie.

Speel vasvraspeletjies soos Vlak 1 nommer 1.
Jy ontvang 'n wagwoord om toegang te verkry tot EK WEET! se Quia.com-webblad waar vasvrae en vasvra-speletjies aanlyn gedoen kan word soos byvoorbeeld die Olimpiade.
Of jy kan slegs EK WEET! Vasvrablokraaie 1 aankoop teen R171.

Kliek op die voorbeelde van vasvrae en vasvrablokraaie onder asook die inskrywingsvorm en skedule.
EK WEET! Vasvrablokraaie vir hersiening
EK WEET! Vasvrablokraaie Vlak 1, 2 en 3
EK WEET! Vasvra-aktiwiteite op Quia.com en QuizCreator
EK WEET! Vasvrablokraaie op Crossword Solver
Lees ook meer oor …
Wat is EK WEET!
Goed om te Weet
Om in te skryf, laai die INSKRYWINGSVORM bo af en vul dit in. E-pos dit dan saam met die KWITANSIE terug aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , OF faks dit aan 086 273 0075, OF pos aan Think Media, Posbus 15649, Panorama 7506.
Vriendelike groete
Dawid van Lill
021-559116
082 784 6618
Wat is EK WEET!
- EK WEET! is ’n vasvraprogram wat bestaan uit 31 vasvrae in twee vlakke (altesaam 62).
- Vlak 1 bestaan uit 36 vrae per vasvra. Dit is bedoel vir Graad 1 tot 4.
Die weeklikse Program sluit in:
Snelvuur: Algemene kennis: 10 algemene kennisvrae asook ‘n Wie, Wat of Waar is ek?-vraag
Woorde: 5 woordeskatvrae (meestal snaakse stories wat met mense gebeur)
EK WEET!: 20 algemene kennisvrae met ekstra inligting.
- In Vlak 2/3 word die sowat 80 vrae per vasvra ingedeel vanaf MAKLIK en MEDIUM tot MOEILIK. Leerders van Graad 4 tot 7 en hoërskole kan probeer om soveel moontlik van die vrae te beantwoord.
Daar is ’n Wie, Wat of Waar is ek?-vraag
Klop die Kurrikulum bestaan uit vrae wat uit leerders se handboeke opgestel word.
Algemene kennis en kurrikulum in die nuus: Ongeveer 70 algemene kennisvrae en vrae oor die week se nuus oor wêreldgebeure, Suid-Afrika, vermaak en sport.
- Die vasvra bestaan uit meerkeusevrae en die antwoorde is vetgedruk. ‘Save’ ‘n meesterkopie van die vasvra. Daarna blok jy die hele vasvra en kliek op ‘bold’ om die vetdruk te verwyder. Gebruik dit as vraestel.
- EK WEET! is beskikbaar in Afrikaans of Engels.
- EK WEET! e-vasvraklublede ontvang die vasvrae Vrydagmiddae per e-pos volgens die skedule.
- EK WEET! sluit elke kwartaal twee vasvrablokraaie in wat as hersiening gedoen word. Elke kwartaal word afgesluit met ’n Olimpiade wat ook op Quia.com tussen lede gedoen kan word.
- Daar is ook vasvra-aktiwiteite by Quia.com.
Goed om te Weet
- Die EK WEET! vasvrae word in Microsoft Word en PDF per e-pos gestuur.
- As ’n bonus word van die vrae volgens die skedule op EK WEET! se blad by Quia.com as vasvraspeletjies aangebied. Elke lid ontvang ’n naam en wagwoord.
- Ons stuur elke kwartaal ’n vasvra op QuizCreator wat op die rekenaar gedoen kan word.
- As jy die Crossword Solver op jou rekenaar installeer, kan jy van die vasvrablokraaie op die rekenaar doen.
- Quia.com se EK WEET!-blad word ook ingespan om elke kwartaal ’n kompetisie (teen tyd) tussen lede te hou. Probeer gerus die EK WEET! Olimpiade by http://www.quia.com/quiz/3071364.html.
- LW: Die EK WEET!-vasvraprogram en EK WEET! Vasvrablokraaie 1 is slegs vir eie gebruik en mag nie aan iemand anders of aan ’n skool verskaf word nie.
- Jy kan enige tyd van die jaar vir een jaar inskryf.
- EK WEET! is vanjaar 11 jaar oud.



.jpg)
.jpg)





.jpg)



