I KNOW! - EK WEET!

Knowledge is fun - Kennis is pret

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

 

Geagte Skoolhoof

 

 

 

  EK WEET! word saamgestel deur Dawid van Lill, die skrywer van die gewilde Afrika-boeke wat deur Lapa Uitgewers uitgegee word.

 

  Nuwe skole wat inskryf, ontvang die baie nuttige ‘EK WEET! Vasvrablokraaie 1’ wat R385 werd is. Dit is 65 vasvrablokraaie met sowat 1 200 vrae in PDF-formaat wat per e-pos aangestuur word. Daar is 10 vasvrablokraaie op vlak 1, 25 op vlak 2 en 30 op vlak 3. (Sien voorbeelde.)

  Kry ook GRATIS toegang tot die afgelope jaar se vasvrae op die webtuiste met behulp van ’n PIN-nommer.

         

Die INSKRYWINGSVORM bevat al die nodige inligting. 

 

 

EK WEET! is ’n vasvraprogram wat uit twee vlakke van 31 vasvrae elk bestaan.

  Vlak 1 is bedoel vir Graad 1 tot 3. Dit bestaan uit 36 vrae per vasvra. (Sien voorbeeld.)

  In Vlak 2/3 word die vrae ingedeel vanaf MAKLIK en MEDIUM tot MOEILIK. Elke klas kan probeer om soveel as moontlik van die vrae te beantwoord. Die vrae handel oor die week se nuus van die wêreld, Suid-Afrika, vermaak en sport. Daar is ook algemene kennisvrae. (Sien voorbeeld.)

  EK WEET! is ook beskikbaar in Engels as I KNOW!

  Daar is 31 vasvrae per jaar wat per e-pos aan skole gestuur word. Dit sluit twee vasvrablokraaie per kwartaal in wat as hersiening gedoen kan word. Elke kwartaal word afgesluit met ’n Olimpiade. Leerders kan ook die Olimpiade op die Quia-webruimte doen. Op die manier neem hulle deel teen ander EK WEET!-skole. Klik hier vir 'n voorbeeld.  

 

 

 

 

 

 

EK WEET! is vanjaar 11 jaar oud.

 

                                                            
Ons wil graag hê almal moet kan sê, "Ek weet wat aangaan in die wêreld rondom my!"

 

 


Klik op die volgende skakels en doen die derde kwartaal van 2010 se Olimpiade aanlyn op die Quia-webruimte.

EK WEET! 24 Vlak 2&3

Click on the following link to do the third term of 2010's Olympiad online on the Quia website.

I KNOW! 24 Level 2&3

 



Gesin

My gesin bestaan uit vier lede - ekself, my vrou Marina, en ons twee seuns, Dawie en Wimpie. Dawie en Wimpie studeer tans aan die Universiteit van Stellenbosch. Dawie doen vanjaar sy Meestersgraad in Ekonomie en Wimpie is besig met sy derde jaar in B.Comm.  Ek en Marina het ons eie besigheid met die naam Think Media.

 

 

 

 



Waarmee hou ek my besig?

Ek is die skrywer van 'n paar boeke oor Afrika en trivia. Lees gerus meer oor die boeke wat by Lapa beskikbaar is deur op die omslag te klik.

 

Die hersiene uitgawes van Wonderlike Afrika en Amazing Africa is nou beskikbaar.

 

 

                                                   

 

 

 

                                                            

 

 



Ek is ook die redakteur van die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika. Klik op die stel boeke om meer te lees daaroor.

                                                 

                                   

Moedig 'n liefde vir naslaan aan met 'n opwindende nuwe ensiklopedie vir jong leerders!

 


 

 

Login for members

 

 

Dawid van Lill

 

Britannica Junior / EK WEET! vasvrakompetisie

         

v.l.n.r. Andomei Smit, Shané la Grange, Larissa Myburgh, Chanél Tweehuysen, Jesse Jooste, Lorraine Dippenaar, Daniélle Smit, Hano du Preez, Alex Laubscher, Wessel Möller, Me Marinda Bezuidenhout (Verkoopsbestuurder Jacklin Enterprises) en Mnr Pieter van Coller

Die wenner van die Britannica Junior / EK WEET! vasvrakompetisie is Laerskool Skuilkrans in Pretoria. Hulle het die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika gewen, asook 'n jaar se gratis lidmaatskap van die EK WEET! vasvraprogram. Baie geluk.      

 

                                                                                                                                                                                                   

 South African Education Portal

 

 

 


 

Do you like quizzes?

Do you like quizzes?
 

Speel 'n vasvra

     

Klik op Speel 'n Vasvra. Wag dat dit laai. Tik net jou e-posadres in, en speel... (Jy het nie 'n gebruikersnaam nodig nie.)

Geniet dit!

 

Bestel die boek Die Verhaal van die Volksvertelling in Afrikaans
deur my skoonpa, prof. PW Grobbelaar, by info@iknow.co.za.
Die prys is R295 plus posgeld. (680 bladsye)

 

 

Besoek my Quia-webblad vir nog vasvrae.         

Visit my Quia web page for more quizzes.

 

 

               

Doen die vasvrablokraai.     

 Klik op EK WEET!

 

 

Hoe goed vaar jy in die volgende 10 nuusvrae? Klik hier.

 

Pas die sokkerspan by sy bynaam. Klik hier.


 

 

Samel geld in met EK WEET!

Gebruik die volgende vasvrae as 'n barometer van die stand van algemene kennis in die skool en samel geld in!          

Klik op die volgende skakels en gebruik die EK WEET!-vasvrae om die skerpheid van die algemene kennis- en nuusneuse in die skool te toets. Maak dit 'n ernstige saak en betrek ouers om borg te staan vir hul kind se prestasie.

                

Daar is 30 vrae vir Vlak 1 en 75 vrae vir Vlak 2&3. Gebruik almal of kies die aantal vrae self. Laat die ouers dit borg teen x sent of rand 'n vraag en samel geld in!

(Die antwoorde word in vetgedrukte letters aangedui. Verwyder die funksie voor enige afdrukke gemaak word vir die leerders.)

EK WEET! Vlak 1 (vir graad 1 tot 4)

EK WEET! Vlak 2&3 (vir graad 5 en hoër)

I KNOW! Level 1 (for grades 1 to 4)

I KNOW! Level 2&3 (for grades 5 and higher)

 


Jy benodig die Adobe Reader om van die vasvrae op die webruimte oop te maak. Klik op die skakel as jy dit nie op jou rekenaar het nie. Klik daarna op Download. Dit is gratis!